Testimonials

Faerie Glen Stepdown Clinic statements or endorsements from patients, family members, or medical professionals expressing their satisfaction or positive experiences with a particular treatment, service, or healthcare provider.They can be used to build trust, demonstrate the effectiveness of a medical practice, and help patients make informed decisions
Call Us when you Need Help!
Contact Us 067 002 2812

Some Testimonials About Us

“Om Faerie Glen Kliniek aan te beveel sal nie vir my moeilik wees nie. Om pasiente wat bedleend, of parapliee is vir jare te versorg en hulle het geen bedsere nie, wil verseker gedoen wees. As oud verpleegkundige bewys dit vir my dat die standaard van verpleging in die kliniek van hoe gehalte is. Die kliniek is skoon en netjies en die pasiente is goed versorg. Daar word na die psige sowel as die liggaamlike omgesien, die tuine is pragtig en oral is daar voel voerders waar die pasiente kan sien hoe die voeltjies kom en gaan wat goed is om ‘n lang dag in die bed om te kry.”

Elmarie Fouche

“Faerie Glen Clinic is die beste vir nasorg na ’n operasie en verswakte sorg sentrum. Die vriendelike personeel is hoogs gekwalifiseer, baie professioneel en passievol oor hul werk. Verder is hulle baie liefdevol en ondersteunend teenoor die bejaardes en ander pasiente. Die kliniek is skoon en die diens is uitstekend.”

Pieter Duminy

“After suffering from a stroke, I spent two months at the Faerie Glen Clinic. During that period, I learnt to walk again due to the dedication of the personnel. Their love and care I received from them was superb. I have almost made a full recovery and would like to express my gratitude to all at the Clinic. Recently, I paid a visit to the Clinic to find the same personnel and they are certainly a gift to anyone in need of care and encouragement. I can highly recommend the Clinic.”

Chrisme Rippon

“Faerie Glen Clinic sentraal geleë naby ‘n groot verskeidenheid winkels in Faerie Glen is maklik bereikbaar uit alle rigtings in en om Pretoria. Gerieflike kamers met pragtige uitsig oor die boomryke omgewing met sy groot veskeidenheid voëllewe, bied die ideale rustige omgewing waar vriendelike personeel jou tuis laat voel asof by jou eie huis. Bekwame en ervare personeel asook die nodige terapeute bied elkeen die kans op spoedige herstel. Met sy pragtige tuin waar besoekers en pasïente saam kan kuier bied Faerie Glen Clinic die ideale omgewing vir rehabilitasie.”

Fred Botha

“Ek besoek die Kliniek die afgelope ses jaar weekliks om die pasiënte pastoraal te ondersteun. Van die begin af het die Kliniek my beïndruk. Ek vermeld graag die volgende: – Die Kliniek word baie goed bestuur en netjies in stand gehou; – Die personeel handhaaf uitsonderlike verhoudinge en vorm daarom ‘n span wat in hul uitdagende taak hartlik én lojaal saamwerk; – Die pasiënte word deeglik en liefdevol versorg, en van goed voorbereide maaltye voorsien; – Daar heers ‘n rustige en huislike atmosfeer. Die ruim vertrekke bied uitsig op die lowergroen tuin met talryke voëls wat daar voorkom; -Talle vooraanstaande lede van die gemeenskap is al hier versorg. Voorbeelde wat uitgelig kan word, is ‘n oudregterpresident, ‘n oudspringbokkaptein en ‘n oudburgemeester; -Een van die pasiënte word reeds vir sowat 8 jaar hier verpleeg – dit bevestig die uitsonderlike goeie diens wat gelewer word!”

Dr Willus Knipe

x

We always support in emergencies, contact us immediately if you are experiencing any serious health problems.

Contact With Us!

Address: 588 Graaff Reinet Street,
Faerie Glen, Pretoria, 0081

Mail:  admin@faerieglenclinic.co.za

Opening Hours: Mon -Sat: 7.00am – 19.00pm

Emergency 24h: 067 002 2812